Popular Posts

Tuesday, April 19, 2011

OPVOLG: BESERINGSTYD

Ek wil net 'n opvolg gee van die sake wat Saterdag gebeur het.  Die seun van ALG wat ernstig beseer was in een van Saterdag se wedstryde, is Gerhard wan der Wath. Hy het sy rug beseer a.g.v. 'n skrum wat lelik skeef geloop het. Hy is Saterdagaand in die Panorama Medi-Clinic opgeneem en daar is bevestig dat hy permanent verlam is in sy onderlyf (kwadropleeg). Sy kanse op herstel lyk nie so wonderlik nie, tog glo ek dat wonderwerke steeds moontlik is. GOD kan wondere verrig!

Wel, dis die hoofnuus vir vandag. Ek glo hy is in elke Daller se gebede vanaand en hopenlik in joune ook.

Monday, April 18, 2011

SKOLERUGBY: NIE VIR SUSSIES NIE!

Saterdag het HSV gasheer gespeel vir die Noordwes- Boland rugbydag waar ons spanne teen ALG te staan gekom het.  Soos ek verneem het, het HSV se spanne redelik goed presteer, MAAR wat ek ook verneem het is dat van ons spanne maar baie vuil spel getoon het. So erg dat twee van ALG se leerders in die hospitaal opgeëindig het met ernstige beserings. Een kind het harsingskudding opgedoen en het eers sy bewussyn in die hospitaal herwin. Gelukkig kon hy darem Saterdagaand huis toe gaan.

Dieselfde kan ek nou nie van die ander kind (16) sê nie. Hy het ingekom met GEEN gevoel in sy bene nie. Daar word vermoed dat hy 'n rugbesering opgedoen het. Hy was Saterdagaand laat met die noodvliegtuig  na 'n Kaapse hospitaal geneem. Ek hoop en bid net dat hy ten volle sal herstel.

So, Boytjies, los maar die vuil spel. Dis nie die moeite werd nie!

Sunday, April 17, 2011

NUWE GIER: DIE BLACKBERRY

'n Nuwe gier wat al 'n geruime tyd besig is om kop uit te steek by Hoërskool Vredendal is DIE BLACKBERRY.  Die meeste leerders het 'n Blackberry of gaan binnekort een kry en wie kan hulle blameer. Blackberry is, volgens my, die beste selfoonmaak wat jy kan kry. Voeg daarby nog die BLACKBERRY INTERNET SERVICE (BIS) en jy het die perfektste foon waarvoor 'n mens kan vra.


Die BlackBerry Curve 8520: Die nuwe massafoon?            Foto: http://www.xprice.in/
 Nie net is die foon self redelik bekostigbaar nie (hiermee bedoel ek die CURVE, die nuwe massafoon), maar, saam met BIS, kan jy tot 100% bespaar op die lugtyd wat jy normaalweg gebruik vir boodskappe (SMS'e , MMS'e en MXit) omdat jy op jou Blackberry GRATIS instant messages kan stuur met BBM, WhatsApp en vele ander apps (beat that MXit). Ook kan jy met BIS heeltemal gratis op die web surf, perfek vir daardie manne en manninne wat altyd 'n "plesiertjie" soek. Onthou net, kyk is gratis, maar sodra jy vat (download) betaal jy daarvoor.

Kliek hierdie link en vind self uit hoe lekker BBM kan wees.

Ek ondersteun dus hierdie nuwe gier ten volle, maar onthou net hierdie wenk: as jy vir jou 'n BB wil kry, shop eers rond. Moenie die eerste, beste foon vat nie. Kyk ook uit vir specials wat van tyd tot tyd voorkom. Jy sal verbaas wees oor hoeveel die pryse kan verskil.