Saterdag het HSV gasheer gespeel vir die Noordwes- Boland rugbydag waar ons spanne teen ALG te staan gekom het. Soos ek verneem het, het HSV se spanne redelik goed presteer, MAAR wat ek ook verneem het is dat van ons spanne maar baie vuil spel getoon het. So erg dat twee van ALG se leerders in die hospitaal opgeëindig het met ernstige beserings. Een kind het harsingskudding opgedoen en het eers sy bewussyn in die hospitaal herwin. Gelukkig kon hy darem Saterdagaand huis toe gaan.
Dieselfde kan ek nou nie van die ander kind (16) sê nie. Hy het ingekom met GEEN gevoel in sy bene nie. Daar word vermoed dat hy 'n rugbesering opgedoen het. Hy was Saterdagaand laat met die noodvliegtuig na 'n Kaapse hospitaal geneem. Ek hoop en bid net dat hy ten volle sal herstel.
So, Boytjies, los maar die vuil spel. Dis nie die moeite werd nie!
Popular Posts
-
Ongeveer 40 matriekleerders van HSV het vandag die Taalbond se tweetaligheidseksamen afgelê. Die eksamen word deur die Suid- Afrikaanse...
-
'n Nuwe gier wat al 'n geruime tyd besig is om kop uit te steek by Hoërskool Vredendal is DIE BLACKBERRY. Die meeste leerders het ...
-
Saterdag het HSV gasheer gespeel vir die Noordwes- Boland rugbydag waar ons spanne teen ALG te staan gekom het. Soos ek verneem het, het HS...
-
Uit die Kas het vandag met groot fanfare begin. Ons is hier om ons sê te sê, sonder dat iemand vir ons hoef te sê wat om te doen. Kom follow...
-
Ek wil net 'n opvolg gee van die sake wat Saterdag gebeur het. Die seun van ALG wat ernstig beseer was in een van Saterdag se wedstryde...
No comments:
Post a Comment