Popular Posts

Friday, April 15, 2011

TAALBOND EKSAMEN: MEER OOR DIE HALSBANDJIE AS DIE HONDJIE


Ongeveer 40 matriekleerders van HSV het vandag die Taalbond se tweetaligheidseksamen afgelê. Die eksamen word deur die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns onderskryf en word al vir meer as 50 jaar afgelê deur leerders wat 'n erkende bewys wil ontvang vir hulle tweetaligheid in Afrikaans en Engels.


Die wapen van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Ek kan egter nie help om te wonder of almal werklik die eksamen afgelê het net om hul CV's aan te vul nie en of die meeste nie maar net gaan skryf het sodat hulle nie die dag se klasse hoef by te woon nie. Of sodat hulle eers later kan skool toe kom en in die uur breek tussen die twee vraestelle (10:30 -11:30) wettiglik na die Wimpy toe kon gaan nie. In elk geval, ek hoop julle uitslae lyk goed.

No comments:

Post a Comment