'n Nuwe gier wat al 'n geruime tyd besig is om kop uit te steek by Hoërskool Vredendal is DIE BLACKBERRY. Die meeste leerders het 'n Blackberry of gaan binnekort een kry en wie kan hulle blameer. Blackberry is, volgens my, die beste selfoonmaak wat jy kan kry. Voeg daarby nog die BLACKBERRY INTERNET SERVICE (BIS) en jy het die perfektste foon waarvoor 'n mens kan vra.
Nie net is die foon self redelik bekostigbaar nie (hiermee bedoel ek die CURVE, die nuwe massafoon), maar, saam met BIS, kan jy tot 100% bespaar op die lugtyd wat jy normaalweg gebruik vir boodskappe (SMS'e , MMS'e en MXit) omdat jy op jou Blackberry GRATIS instant messages kan stuur met BBM, WhatsApp en vele ander apps (beat that MXit). Ook kan jy met BIS heeltemal gratis op die web surf, perfek vir daardie manne en manninne wat altyd 'n "plesiertjie" soek. Onthou net, kyk is gratis, maar sodra jy vat (download) betaal jy daarvoor.
Kliek hierdie link en vind self uit hoe lekker BBM kan wees.
Ek ondersteun dus hierdie nuwe gier ten volle, maar onthou net hierdie wenk: as jy vir jou 'n BB wil kry, shop eers rond. Moenie die eerste, beste foon vat nie. Kyk ook uit vir specials wat van tyd tot tyd voorkom. Jy sal verbaas wees oor hoeveel die pryse kan verskil.
Ek moet saamstem, BB's het my lewe net soveel maklikker gemaak. BBM is die beste!
ReplyDelete